NUUSBRIEF JUNIE 2011


God se Hartklop
ANJA MAREE-NUUSBRIEF – JUNIE/JULIE 2011

Aan al God se wonderlike kinders...


My enigste begeerte is om God se hartklop met die wêreld te deel...
” Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here gekry het, kan klaarmaak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” Hand 20 : 24


Ek glo dat ek nie die enigste een is wat voel asof my voete nie grondvat nie! Junie 2011 – Sjoe! God is besig om my teen ‘n spoed vir iets voor te berei in die vlees wat ek weet later ewigheidswaarde in die Gees gaan hê. Na my vorige nuusbrief kan ek met ongelooflike dankbaarheid sê dat ek bevoorreg was om na Iris Ministry in Pemba te gaan.


IRIS MINISTRY – PEMBA-MOSAMBIEK



Dit is ’n kinderhuis in die noorde van Mosambiek wat Heidi en Roland Baker op die been gebring het. Ek kon nie vir ’n beter Paastyd vra nie en die Here het my wildste drome en begeertes vervul in my tydjie daar.

Dit was ongelooflik om daagliks te help om sowat duisend kinders van die omliggende dorpies kos te gee ... (die enigste bord kos wat hulle elke dag kry).





Die kinderhuis versorg 250 inwonende kinders, asook verskeie projekte waarby Iris Ministry betrokke is, soos ’n gevangenisbediening, ’n handwerkprojek vir weduwees, weeklikse uitreike na dorpe in die binneland en ’n voedingsprogram! Dis werklik ’n plek waar Jesus se liefde en hande en voete elke dag sigbaar is! Dit het net ’n groter vuur in my hart kom aansteek om my hele lewe ten volle aan die Here oor te gee sodat sy werk deur my gedoen kan word op aarde.

Ek was ook so bevoorreg om die afgelope twee weke elf sendelinge te huisves met die hulp van Magdel, Luan en Martia – en wat ’n ongelooflike ervaring! Ek het twee jaar gelede al ’n droom gehad dat die Here Die nasies na my toe gaan stuur en ek was baie opgewonde toe ek besef hierdie is net die begin van baie nuwe ervaringe en dinge in my lewe!


Die een groep was van Palestina (Israel) en die ander ’n Ywam-groep van Hawaii wat elkeen uit ’n ander nasie kom (Amerika, Kanada, Brittanje, Korea)! Wat ’n voorreg om God se kinders in ons mooi land te kon ontvang.



NAMROCK

Ek is op pad na ons jaarlikse “Worship in the Desert”-geleentheid in Namibië (Namrock). God het ’n kleiner groep van 40 uitgekies om vanjaar die Namibiese koue te ervaar – wat my herinner aan die TV-reeks Survivor! My gees roep uit na die stilte daar en om God se stem te hoor in die wildernis! www.namrock.co.za




Oom Izak & Tannie Estra Du Plooy 

NAMROCK MOUNTAIN




NAMROCK 2011


Ek vertrou die Here om aan die begin van Julie ’n leierskapskool in Kona by te woon. Hier is ’n bietjie inligting oor die opleiding. Die kursus word deur Youth With A Mission (Ywam) in Kona, Hawaii, aangebied om leiers te vorm wat die moed, toewyding en inisiatief sal toon om hul generasie vir die vryheid en krag van die evangelie te bevry.

YWAM "KONA"

Ons doel is om leiers te skep wat sal fokus op herlewing, redding en vermenigvuldiging!
Herlewing: deur Christene aan te vuur. Redding: deur verlossing aan die verlorenes te verkondig. Vermenigvuldiging: deur God se droom die wêreld oor te verkondig, Sy boodskap te versprei en mense dissipels te maak.
Die opleiding behels ’n kursus van vyf weke aan die Universiteit van die Nasies in Kona, HI, gevolg deur gespesialiseerde uitreike. Die kursus is oop vir almal, nie net vir diegene wat dissipelskapopleiding by Ywam deurloop het nie.
Die opleiding wil . . .


studente ’n nuwe vlak van persoonlike vryheid laat bereik deur humanistiese denke uit te roei en hulle bewus te maak van sonde in hul lewe sodat dit nie in die pad van die evangelie sal staan nie.

studente leer om die boodskap van verlossing met vrymoedigheid en openhartigheid te verkondig.

studente begrip gee van hul gesag om vir genesing te bid en met die bonatuurlike te wandel.

studente ’n grondige kennis van die Woord van God gee om hulself en ander tot ’n dieper geloof, radikaler optrede en oorgawe aan die Heilige Gees aan te spoor sodat hulle met ’n rein hart voor God kan leef.

studente die basiese vaardighede leer om leierskap te laat vermenigvuldig deur uit te vind hoe om in ander mense te belê, wat weer in ánder sal belê.

studente leer om ’n lewenstyl van aanbidding, gebed en vas uit te leef en ander te inspireer om dit ook te doen. ’n beter begrip kweek van leierskapontwikkeling en persoonlike integriteit as noodsaaklike deel van ’n volhoubare
bediening. 

Daar is meer inligting by die webtuiste www.thecircuitrider.com



Die Here begin ook om sy hart met my te deel oor Suid-Afrika en kerke se sendinggerigtheid. Aangesien Suid-Afrika een van die min lande ter wêreld is met geloofsvryheid, moet ons God se sendingopdrag op die aarde voltooi.

Matteus 24:14: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor.”


Vra asseblief die Here om jou deur sy Gees te lei om dít te doen waarvoor jy gebore is, en mag jy geseën word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan.

Dit gaan ook baie goed met Stephan en dié van julle wat in die kerk was op 5 Junie het sy getuienis gehoor. Ek prys die Here vir sy liefde en dat hy vir Stephan verlos het van soveel wêreldse dinge wat hom onder gekry het. Ek vertrou saam met hom dat hy die uitreik sal kan bywoon in Kenia vanaf 10 Julie!

“Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” 2 Kronieke 16:9
“Maak vir die Here ’n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld ’n grootpad vir ons God.” Jesaja 40:3

Ek wil elkeen van julle bedank vir die liefde, sorg en gebede, en dat
julle my ook getrou finansieel bystaan sedert ek hierdie geloofstap gewaag het. Terwyl julle my seën, seën ek ander waar ook al God my lei. Bly volhard in geloof terwyl julle saam met my hierdie reis onderneem. Ek wil julle ook bedank dat julle nooit in my twyfel nie en my aanspreeklik hou deur julle getrouheid en liefde.

Mag julle almal die liefde van Jesus ervaar en daarna streef om meer soos Hy te word deur die vrug van die Gees. Gal 5:22: “... liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”


Liefde in Christus

Anja Maree


Sel 082 448 4620 
anjamaree@gmail.com

FNB-tjekrekening: 54331157353 Takkode: 200407

Comments

Popular posts from this blog

Kingdom Marriage Journey

Kingdom Marriage Journey part 2

"LADY IN WAITING"