NUUSBRIEF JUNIE 2011
God se Hartklop ANJA MAREE-NUUSBRIEF – JUNIE/JULIE 2011 Aan al God se wonderlike kinders... My enigste begeerte is om God se hartklop met die wêreld te deel... ” Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here gekry het, kan klaarmaak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” Hand 20 : 24 Ek glo dat ek nie die enigste een is wat voel asof my voete nie grondvat nie! Junie 2011 – Sjoe! God is besig om my teen ‘n spoed vir iets voor te berei in die vlees wat ek weet later ewigheidswaarde in die Gees gaan hê. Na my vorige nuusbrief kan ek met ongelooflike dankbaarheid sê dat ek bevoorreg was om na Iris Ministry in Pemba te gaan. IRIS MINISTRY – PEMBA-MOSAMBIEK Dit is ’n kinderhuis in die noorde van Mosambiek wat Heidi en Roland Baker op die been gebring het. Ek kon nie vir ’n beter Paastyd vra nie en die Here het my wildste drome en begeertes vervul in my tydjie daa...